Welkom

Ons bak al die afgelope 26 jaar pannekoek, maar die laaste 16 jaar op groot skaal.

Ons bak met gemak ±1700 Pannekoek per uur – sien foto’s en video onderaan.

Ons bak vir feeste, stalletjies, kerke, skole, restaurant, spyseniering, privaat gebruik of vir enige iemand wat ‘n extra inkomste daar uit wil maak.

Vir 2016 verkoop ek klaar gebakte pannekoeke @ R3.00 per pannekoek – warm, koud of gevries. Sonder suiker, nie gerol nie en in pakke van 25. Pryse kan jaarliks verhoog.

Indien die klient 200 of baie meer pannekoeke warm koop, sit ons dit in koelhouers. Klaar gebakte pannekoek bly dan warm vir 8uur of langer.

Bestellings onder 150 en minder is moontlik indien ek nog n ander bestelling daardie dag het.

U moet asseblief u eie “coolbags” saambring. In n gewone groot Coleman, (wat 10 x 2l koeldrank bottels regop langs mekaar kan pas) – kan ek net 150 pannekoeke pak. Die kleiner “coolbags” met los deksel – kan ek net 50 pannekoeke in pak. Hierdie “coolbags” neem baie spasie inbeslag. U kan egter by my “Polystyrene cool bags” koop teen R40/houer, die houers kan 250 pannekoeke per houer vat, dit hou ook die pannekoek langer warm.

Warm pannekoek vir gebruik met kaneelsuiker: Maak pak oop, gooi kaneelsuiker op die boonste pannekoek en rol dit dan op. Moenie die warm pannekoek 1-vir-1 van mekaar af probeer haal nie. (Dit werk nie, die pannekoek moet gerol word van die pak af). Sien video onder.

As u verkies dat ek op u perseel moet kom bak, moet die bestelling 1500 pannekoeke of meer wees. Die prys sal dan duurder wees as wat u dit by my perseel kom optel.

Daar kan baie komplikasies wees as ek by u moet kom bak:

  • Daar moet geen wind wees nie – die “burners” waai dood.
  • Die hoeveelheid gasbottels wat ek moet gebruik kan n probleem wees.
  • Toerusting is baie swaar, ek moet langs die plek waar ek moet bak kan stop met voertuig en sleepwa.
  • Daar is ook nog baie ander komplikasies, dit moet telefonies met my bespreek word.

 

    Your Name *

    Your Telephone *

    Your Email *

    Subject

    Your Message

    PANNEKOEK KONING

    Johannes Horne
    johannes@pannekoekkoning.co.za
    Mobile: 083 962 5557